AANKOPER (MMVA) - Vryburg Verfied

Salary Negotiable Vryburg, North-West Vryburg, North-West more than 14 days ago 13-09-2017 7:18:45 AM
13-10-2017 12:44:06 PM
Ons kliënt ‘n wel bekende groot en kleinhandelswinkel in Noord-Wes wat spesialiseer in verkope van motor parte, onderdele en benodighede, elektriese en hand gereedskap, verwe, generators, gas, kamptoerusting, tuingereedskap en nog veel meer, beskik oor ‘n geleentheid vir ‘n dinamiese persoon met bo-gemiddelde onderhandelings-, en syfervaardighede en vermoë om akkuraat onder druk te funksioneer as:
AANKOPER
NOORD-WES
Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet oor ten minste 5 – 8 jaar aankope ondervinding beskik verkieslik in ‘n soortgelyke kleinhandelsomgewing.
- Deeglikheid, uitstekende interpersoonlike-, en organiseringsvaardighede
- Vermoë om onafhanklik te funksioneer
- Rekenaarvaardigheid in MS Office (Excel) is noodsaaklik met kennis en ondervinding van Autopart (ELCB) of Techfinity, as verdere aanbeveling.
Pligte sluit in:
- Die aankoop van motorparte vir die kleinhandelswinkel
- Beding, vervanging en balanseer optimale voorraadvlakke soos nodig
- Bou en onderhou van goeie werksverhoudinge met verskaffers
- Ander ad hoc administratiewe take soos van pos verlang.
In ruil word ‘n baie mededingende vergoedingspakket, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding, aangebied.