Admin Beampte - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 10-05-2016 8:47:12 AM
13-05-2016 10:17:29 AM
SATI beskik tans oor ? uitdagende loopbaangeleentheid vir ? jong, dinamiese persoon om ? verskeidenheid administratiewe en sekretariële funksies te vervul.

Die suksesvolle posbekleër sal verantwoordelikheid aanvaar vir die volgende pligte: • professionele hantering van skakelbord • ontvang van kliënte en bedien van verversings • hulp met saamstel en voorbereiding van dokumentasiebundels • uitstraal van professionele beeld • toesighouding oor skoonmaakdienste • ontvangs en versending van pakkies en dokumente • algemene administratiewe ondersteuning aan die professionele span.

Die geskikte kandidaat beskik oor: • Graad 12 (toepaslike tersiêre kwalifikasie sal die aansoek versterk) • uitstekende taalvaardigheid (mondeling en skriftelik) in Afrikaans en Engels • goeie syfer- en rekenaarvaardighede (MS Office) • spontane en vriendelike geaardheid • goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede • goeie telefoonetiket • goed versorgde voorkoms.