ADMIN/REKENINGKUNDIGE PERSOON - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 10-01-2017 1:49:18 PM
07-02-2017 1:49:18 PM
Hierdie boerdery beskik oor die volgende uitdagende pos vir ‘n pro-aktiewe organiseerder met dryfkrag wat goed onder druk funksioneer in die volgende posisie:

ADMIN/REKENINGKUNDIGE PERSOON
AUGRABIES OMGEWING

Vereistes:
- Rekenaarvaardigheid in MS Office en verkieslik ‘n lone-program
- Grondige kennis van debiteure- en krediteure-administrasie met ten minste 3 - 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos.
-‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en ondervinding in die landbousektor, spesifiek die tafeldruifbedryf, sal as sterk aanbevelings dien.

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Debiteure- en krediteure-administrasie
- Doen van boerdery se lone op Donkerhoek Data
- Ad hoc sekretariële en administratiewe pligte
- Hulp met administrasie van gehaltebestuurstelsel

‘n Onderhandelbare salaris, onderhewig aan kwalifikasies en ondervinding, word aangebied.