Administratiewe Assistent/Verkope - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 12-09-2014 10:41:58 AM
03-10-2014 12:43:58 PM
Administratiewe Assistent/Verkope

Windmeul Kelder, geleë in die skilderagtige Paarl Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde loopbaangeleentheid vir 'n persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering. Die aansoeker is ’n vlot tweetalige persoon met goeie kommunikasievaardighede wat goed met mense op alle vlakke kan kommunikeer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, vorige ondervinding, deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede in Pastel is vereistes vir die pos terwyl ondervinding van Wine MS, doeane en aksyns, loonadministrasie, statutêre opgawes (BTW) en SAWIS in die aansoeker se guns sal tel.

U veelsydige pligte behels o a * alle administratiewe en sekretariële pligte ten opsigte van die Hoofbestuurder en Rekenmeester * skakelbord * primêre finansiële administrasie * wynverkope en alle ander administratiewe take verwant aan die pos

In ruil vir jou bydrae bied Windmeul Wynkelder’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek nie geslaag het nie.