ADMINISTRATIEWE KLERK/ KOSTER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 06-12-2016 9:29:24 AM
03-01-2017 9:29:24 AM
Die gemeente in Upington is opsoek na ‘n dinamiese, energieke kandidaat met goeie organiseringsvermoë om so spoedig moontlik diens te kan aanvaar in die volgende geleentheid:

ADMINISTRATIEWE KLERK/ KOSTER
UPINGTON

Vereistes:
- Matriek ondersteun deur ten minste 1 jaar ondervinding in ‘n administratiewe omgewing
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Onafhanklik kan funksioneer
- Rekenaarvaardigheid in MS Word en Excel, internet gebruik en eposse
- Kode 8 lisensie en eie vervoer

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Algemene administrasie van kantoor
- Debiteure & krediteure
- Bank rekonsiliasies
- Oorsien van instandhouding en herstelwerke
- Oorsien van skoonmakers
- Oopsluit van kerk elke week asook met geleenthede
- Reel van geleenthede