Assistent Plaasbestuurder - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 04-03-2015 10:03:30 AM
01-04-2015 10:03:30 AM
Norriseep

Ons wag op aansoeke van energieke, dinamiese individue met ? liefde vir boerdery wat oor goeie leierskap potensiaal beskik, wat bereid is om te leer en graag ? loopbaan wil bou in tafeldruiwe.

ASSISTENT PLAASBESTUURDER

Vereistes:
- Persone met positiewe uitkyk, ondersteun deur basiese tafeldruif agtergrond met minimum 2-3 jaar ondervinding in die bedryf
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge asook goeie kommunikasie vaardigheid in Afrikaans en Tswana
- Ondervinding van die werwing van spanne plaasarbeid, wat hul kultuur verstaan, sal voorkeur geniet.

Pligte sal insluit:
- Toesighouding oor arbeid
- Kontrole oor produktiwiteit en kwaliteit van alle produksie aktiwiteite
- Daaglikse motivering van arbeid
- Kontrole oor besproeiings- bemesting- en gehaltebestuur.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aangebied.