ASSISTENT REKENMEESTER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 24-05-2016 9:32:25 AM
15-06-2016 8:39:18 AM
Ons kliënt 'n gevestigde tafeldruif boerdery en rosyne aanleg in die Straussburg omgewing beskik oor die volgende geleentheid vir ‘n dinamiese, energieke selfgedrewe kandidaat en
nooi alle belangstellendes uit om aansoek te doen as:

ASSISTENT REKENMEESTER
STRAUSSBURG OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke van goed georganiseerde, presiese individue met bo gemiddelde syfervaardigheid, ondersteun deur B.Com of gelykwaardige kwalifikasie met voltooide klerkskap,
- Minimum 5 jaar ondervinding in ? landbou omgewing
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in Pastel en Excel
- Geldige rybewys beskik
- Vermoë om as deel van ‘n span te funksioneer.

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees vir die:
- Byhou van finansiële rekords en verslae
- Volle rekeningkundige funksie tot proefbalaans
- BTW en opgawes
- Byhou van bateregister
- Rekenkundige hantering van voorraad en prosessering van bestuursrekenkundige funksies.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket aan beide poste gekoppel volgens kwalifikasie en ondervinding