Assistent Wynmaker/Assistant Winemaker - Robertson Verfied

Salary Negotiable Robertson, Western Cape Robertson, Western Cape more than 14 days ago 18-08-2017 8:25:13 AM
07-09-2017 9:07:54 AM
Rooiberg Wynkelder, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking:

ASSISTENT-WYNMAKER

Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook minstens 2 jaar
ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van gehaltebeheerstelsels (IPW, SABS, HACCP en WIETA)
is verdere vereistes vir die pos. Wingerdboukundige kennis en ondervinding van Wine MS sal in die aansoeker se guns tel.

Die assistent-wynmaker rapporteer direk aan die keldermeester en is verantwoordelik vir: • die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite
• die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • botteleringsbeplanning en -skedulering • bestuur van gehaltebeheerstelsels (ISO 9001:2008) • skakeling tussen die lede en wingerdboukonsultant • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • voorraadbeheer • beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel • behulpsaam met die aankoop van chemikalieë • kelderadministrasie asook ander take wat normaalweg met die pos verband hou.

In ruil vir u dienste bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.