Assistent Wynmaker - Worcester Verfied

Salary Negotiable Worcester, Western Cape Worcester, Western Cape more than 14 days ago 03-07-2015 11:05:32 AM
21-07-2015 2:33:35 PM
Ons kliënt, ’n Wynkelder geleë in die skilderagtige Worcester Wynvallei,
beskik tans oor die volgende betrekking.

Assistent-Wynmaker

Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk tegniese/meganiese, interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding sal sterk in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n vereiste vir die pos nie. Die Assistent-Wynmaker is verantwoordelik vir: • die köordinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteitskontrolestelsels • die wynmaakproses in samewerking met wynmakerspan • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • basiese onderhoud op keldertoerusting • alle ander take verwant aan die pos.

In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos weerspieël.