Bemarker(mphb) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 08-08-2019 8:52:07 AM
02-09-2019 11:44:21 AM
Hierdie internasionale hotelgroep, beskik oor 'n geleentheid vir 'n dinamies, energieke kandidaat met goeie menseverhoudinge in die volgende beskikbare posisie

BEMARKER
UPINGTON

Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet self gemotiveerd wees en oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office & sosiale media mediums.
- Ten minste 2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke omgewing met sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggingsvaardighede
- Geldige bestuurslisensie.
- ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in of bemarking/ kommunikasie/ reklame sal voorkeur geniet.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- Die bemarking van Protea Hotel Upington asook The Oasis Hotel/ River City Inn en Drumsheugh plaas
- Die opstel en instandhouding van die bemarkingspromosie programme
- Instandhouding van sosiale media
- Maandelikse besoek aan reisagente en kliënte in Kimberley
- Reël van kwartaalikse span & maatskappy vergaderinge asook seminare en opleiding
- Bestuur van sosiale verantwoordelikheidsprogram
- Onvang en onthaal van VIP persone.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing MPHB voor 16 Augustus 2019