Bemarkingsbestuurder - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 28-08-2014 7:51:07 AM
05-09-2014 8:51:20 AM
Bemarkingsbestuurder

Ons Kliënt, met sy aanlegte geleë in die Wes-Kaap omgewing en alombekend vir wyne van wêreldgehalte, beskik tans oor bogenoemde vakature om hulle produkte in die internasionale en binnelandse markte te bemark.

Hierdie is 'n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ’n energieke persoon met ‘n entoesiastiese lewensbenadering. Die geskikte kandidaat is sterk tweetalig en rekenaarvaardig, beskik oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en kan goed in spanverband saamwerk. Bewese ondervinding in die bemarking van vinnigbewegende verbruikersgoedere (FMCG) is ’n verdere vereiste vir die pos, terwyl ’n kundige agtergrond van die wynbedryf in die aansoeker se guns sal tel.

Die geskikte kandidaat sal deel van die Senior Bestuurspan vorm en kerntake en verantwoordelikhede sal die volgende behels ? bestuur van bestaande kliënte, sowel as die werwing van nuwe kliënte ? opstel en bestuur van strategiese bemarkingsplan ? samestelling en bestuur van die handelsmerk portefeuljes ? koördinering en bestuur van alle kommunikasie kanale en sosiale netwerke in die mark ? voorraadbestuur in samewerking met die Logistieke Bestuurder ? koordinering van internasionale en nasionale bestelling, asook alle ander pligte wat verband hou met hierdie pos.

In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was