Bemarkingsbestuurder - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 09-02-2016 8:05:38 AM
08-03-2016 8:05:38 AM
BEMARKINGS-
BESTUURDER
NOORD-KAAP

Oro Agri SA (Pty) Ltd. ontwikkel en bemark omgewings-
vriendelike, gepatenteerde oesbeskermingsmiddels wat
bestaan uit unieke mengsels van lemoenolie, benatters
en ander bio-afbreekbare komponente.

Hierdie posisie bied ? uitdagende geleentheid om by ? dinamiese, internasio¬nale groep van maatskappye aan te sluit. Die suksesvolle applikant sal rapporteer aan die Algemene Bestuurder, Sub-Sahara Afrika, met die hoof¬kantoor in Somerset-Wes.

Pligte en verantwoordelikhede: ?
-bemarking en verkope van ORO AGRI produkte in Noord Kaap, Vrystaat en Noord Wes (ongeveer 400km radius rondom Kimberley) ?
-tegniese ondersteuning aan verspreiders ?
-markanalises en –beplanning ?
-demonstrasieproewe ?
-na-verkope diens ?
-tegniese inligtingsdae & kongresse ?
-skakeling met navorsingsinstansies en chemiese maatskappye.

Die geskikte kandidaat voldoen aan die volgende vereistes: ?
-toepaslike landbouverwante tersiêre kwalifikasie (Gewasverbouing / Entomologie / Patologie / Grondkundige) ?
-minstens 5 jaar praktiese ervaring in die landbouchemiese bedryf (ondervinding van Afrika-mark sal aansoek versterk)
-goeie tegniese kennis van oesbeskermingsmiddels & plaagbeheer programme ?
-kennis van Noord-Kaapse gewasse, plae, siektes en verbouingspraktyke
-vermoë om onafhanklik te werk ?
-bereidwilligheid om soms ongereelde ure te werk en in die Noord-Kaap / Vrystaat omgewing te reis ?
-goeie probleemoplossings-, kommunikasie-, administratiewe en interpersoonlike vaardighede.