BEROEPSVERPLEEGSTER (OOV) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 23-02-2017 7:27:32 AM
23-03-2017 7:27:32 AM
Hierdie Beroepsgesondheidsinstansie beskik oor 'n geleentheid vir 'n Beroepsverpleegkundige by hul tak in Upington en nooi die kandidate met die nodige kennis en kwalifikasies om aansoek te doen:

BEROEPSVERPLEEGSTER

UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Kwalifikasie as Beroepsverpleegster ondersteun deur ten minste 2-3 jaar ondervinding in 'n soortgelyke posisie asook lidmaatskap by SASOHN en registrasie by SANC
- Kwalifikasie om oudiometrie, spirometrie visie vertonings asook gesondheidsassesrings te kan doen
- Geldige aptekerslisensie
- Goeie menseverhoudinge asook taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
- Self motiverend en onafhanklik kan funksioneer
- Gemiddelde rekenaarvaardigheid
- Geldige bestuurslisensie en eie vervoer

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Lewer van 'n mediese diens wat insluit voor indiensnemings-; asook uittree mediese keuringstoetse aan kontrakteurs en privaat instansies
- Verantwoordelik vir die die oorsien en monitor van werkers se blootstelling aan fisiese, meganiese komponente om beserings te vermy
- Identifisering van omgewingsfaktore op terrein om beserings te voorkom
- Weekliks en maandelikse inspeksies op terreine
- Opstel van oudit skedules
- Beplanning van oudits op terrein asook die voorsien van inligting aan kontrakteurs
- Mediese bystand indien nodig

Werksure is van Maandag- Vrydag 07h00 -16h00