BESTUURDER (MKWG) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 09-03-2018 8:19:55 AM
04-05-2018 8:19:55 AM
Hierdie verspreider van rouwater deur middel van ? uitgebreide kanaalstelsel in die Benede Oranjerivier Besproeiingsgebied, beskik oor die volgende uitdagende pos vir ? dinamiese, energieke en selfgedrewe individu met sterk leierskapsvaardighede, as:

BESTUURDER
BENEDE ORANJE GEBIED

Minimum vereistes:
- ? B.Com / Bedryfsielkunde of soortgelyke tersiêre kwalifikasie ondersteun deur minimum vyf jaar ondervinding in operasionele bestuur met kennis van kanaal watervoorsiening
sisteme.
- Uitstekende bewese mensebestuursvaardighede
- Hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede
- Vlotheid in Afrikaans en Engels
- Bo-gemiddelde rekenaargeletterdheid in MS Office
- Deeglike kennis van toepaslike wetgewing, waaronder die Nasionale Waterwet, Waterdienstewet, Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet op Arbeidsverhoudinge en die
Wet op Gelyke Indiensneming, is noodsaaklik.
- Aansoekers met ? kombinasie van ? toepaslike tegniese en bestuurskwalifikasie sal voorkeur geniet.

Sleutelverantwoordelikhede behels
- Die doelmatige oorhoofse bestuur van die watergebruikersvereniging deur uitvoering te gee aan alle toepaslike wetsvoorskrifte asook die grondwet en besigheidsplan van die
watergebruikersvereniging
- Bestuur van watervoorsiening en -verspreiding
- Bestuur van fisiese en finansiële hulpbronne
- Menslike hulpbronbestuur
- Bevordering van verhoudings met alle belanghebbendes.

In ruil word ? mededingende vergoedingspakket aangebied.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2018

Die Watergebruikersvereniging is ? gelyke geleenthede werkgewer.