Boekhouer - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 22-07-2014 1:39:45 PM
19-08-2014 1:39:45 PM
Ons kliënt, geleë in die Paarl, benodig tans die dienste van ’n:

Boekhouer

Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories en baie noukeurig kan werk en ook oor ’n sterk finansiële aanleg beskik. Hierdie werksomgewing vereis die vermoë om onafhanklik te werk as ook ’n volwasse en betroubare karakter. ’n Naskoolse graad of diploma in finansiële bestuur of rekeningkunde met twee jaar soortgelyke ondervinding asook ondervinding met Pastel, VIP Payroll en MS Office is vereistes vir hierdie pos.

Die aansoeker rapporteer direk aan die Bestuurder en sal verantwoordelik wees vir die administratiewe en rekeningkundige funksies wat onder andere die volgende behels: krediteure, bankstate en BTW • kleinkas • kasboek inskrywings en ontledings • deposito’s • bestellings • lone en salarisse asook ander ad hoc administratiewe take.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.