Botteleringslynbestuurder - Worcester Verfied

Salary Negotiable Worcester, Western Cape Worcester, Western Cape more than 14 days ago 03-07-2015 11:02:34 AM
21-07-2015 2:33:14 PM
Breëriviervallei Botteleringskoöperasie is in Worcester geleë, waar hulle primêr verantwoordelik is vir die bottelering van hul lede se
wyne. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir een van die botteleringslyne.
Die ideale kandidaat beskik oor: • Matriek plus 3-5 jaar ondervinding van botteleringslyne of ’n soortgelyke produksie-omgewing • tegniese
agtergrond van produksielyne • meganiese en elektroniese agtergrond van botteleermasjiene • toesighouersvaardighede • blootstelling aan
’n kwaliteitsbeheerde werksomgewing • vermoë om onder druk te funksioneer • bereidwilligheid om soms oortyd te werk.

Persone met bewese ervaring op die volgende gebiede, kan gerus aansoek doen: • bestuur van produksielyn • meganiese en elektroniese
onderhoud van en herstelwerk aan masjiene • handhawing van gehaltebeheer en produkspesifikasies • verliesbeheer van voorraad
• toesighouding oor operateurs en ander personeel • BRC- en ISOstandaarde.