DEBITEUREKLERK - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 21-06-2018 6:55:03 AM
31-07-2018 4:56:06 PM
Hierdie gevestigde vervoermaatskappy wat sedert 1981 spesialiseer in tenkervervoer, beskik oor die volgende uitdagende pos by die maatskappy se hoofkantoor in Upington

DEBITEURE KLERK
UPINGTON

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van georganiseerde en sistematiese persone met Matriek met Rekeningkunde,minstens vyf jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
- Rekenaargeletterdheid in die gebruik van MS Office en Pastel of ‘n soortgelyke rekeningkundige program
- Tweetaligheid
- Vermoë om akkuraat binne spertye te werk.
- ‘n Toepaslike tersiêre kwalifikasie dien as aanbeveling.

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Die nagaan van skaalkaarte, afleweringsnotas en vragbriewe,
- Prosessering van debiteure op Pastel
- Maandafsluiting, debiteure verslae en uitstuur van state
- Die opvolg van uitstaande rekeninge
- Voltooiing van kredietaansoeke
- Algemene administratiewe take.

Daar word ‘n bogemiddelde vergoedingspakket met byvoordele eie aan ‘n groter organisasie aan die pos gekoppel.

Hierdie instansie is ? gelyke geleenthede werkgewer en aanstelling sal geskied ingevolge die maatskappy se gelyke indiensnemingsplan.