DIENSADVISEUR/ ONDERDELE - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 29-06-2016 9:00:04 AM
12-07-2016 6:58:28 AM
Die gevestigde onderneming met takke in Upington en Kimberley beskik oor ‘n geleentheid in die volgende uitdagende pos in UPINGTON vir ‘n energieke en pro-aktiewe persoon met bogemiddelde interpersoonlike vaardighede

DIENSADVISEUR/ ONDERDELE
UPINGTON

Vereistes:
- Toegewyde persone met minstens Matriek, ondersteun deur minstens twee jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos
- ‘n Basiese tegniese kennis en begrip
- Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet gebruik
- Goeie organiseringsvermoë en wat akkuraat binne ‘n administratiewe stelsel kan funksioneer

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Uitstekende diens deur die behoeftes van kliënte te verstaan
- Advies te verskaf en kliënte ingelig te hou tydens die diensproses
- Die werkswinkel met ‘n akkurate beskrywing van herstelwerk te voorsien, asook gepaardgaande administrasie.
- Verdere take sluit in die ontvangs en uitreik van onderdele aan die werkswinkel en kliënte asook voorraadbeheer van onderdele.

‘n Onderhandelbare salaris met insentiewe, asook byvoordele eie aan die motorbedryf, word in ruil aangebied.