Finansiele Beampte and Finansiele Assistent - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 23-03-2015 11:18:09 AM
20-04-2015 11:18:09 AM
Kakamas

Kakamas Watergebruikersvereniging beskik oor die volgende uitdagende poste vir dinamiese, energieke en selfgedrewe individue met goeie rekenkundige agtergrond in die volgende poste:

FINANSIËLE BEAMPTE (Verw: JKWB)

Vereistes:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie (B-graad/diploma met finansiële rekeningkunde) ondersteun deur minstens 3 jaar ondervinding in die bestuur van ‘n finansiële kantoor
- Uitgebreide kennis van Pastel, MS Office en ‘n salaris betaalrolstelsel
- Sterk leierskapsvaardighede met die vermoë om selfstandig te funksioneer
- Goeie kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels
- ‘n Geldige kode 08 rybewys

Pligte:
- Algehele bestuur van die finansiële kantoor
- Toesighou-ding en opleiding aan finansiële assistent
- Ko?rdinering van jaarlikse eksterne oudit
- BTW, asook die normale statutêre opgawes aan SARS
- Instandhouding van finansiële stelsels, wat insluit debiteure-, krediteure- en voorsieningstelsels
- Rekonsiliasie van kleinkas, bank en groot-boekrekeninge
- Verslae en rapportering tot op proefbalans vlak
- Uitvoering van interne kontrole en beheermaatreëls
- Salarisse (VIP salarisprogram) en finansiële aspekte rakende personeel

Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Hoof Uitvoerende Beampte rapporteer.

Salaris: Gelykstaande aan Staatsdiens posvlak 7

FINANSIËLE ASSISTENT (Verw: JKWA)

Vereistes:
- ‘n Matrieksertifikaat met verkieslik ‘n tersiêre kwalifikasie (B-graad/diploma/N6 Sertifikaat) met finansiële rekeningkunde ondersteun deur minstens 2 - 3 jaar toepaslike ondervinding
- Uitgebreide kennis van Pastel, MS Office
- Vermoë om selfstandig te funksioneer
- Goeie kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels
- ‘n geldige kode 08 rybewys.

Die suksesvolle kandidaat sal die Finansiële beampte o.a. behulpsaam wees met alle funksies wat met die finansiële kantoor verband hou:
- Algemene kantooradministrasie
- Debiteure- en Krediteure stelsels
- Voorsieningstelsel
- Kassiere
- Instandhouding van Algemene Grootboek en vaslegging van data op PASTEL.

Salaris: Gelykstaande aan Staatsdiens posvlak 5

· Kakamas Watergebruikersvereniging is ‘n gelyke geleenthede werkgewer. Voorkeur sal aan geskikte kandidate van die onder-verteenwoordigende groepe verleen word. Sou daar nie kandidate binne hierdie groep wees nie, sal kandidate van die verteenwoordigende groepe oorweeg word.
· Kandidate op kortlys moet gewillig wees om normale keurings- en verifikasie prosesse te on-dergaan en om waar die werkgewer dit vereis, hulle te onderwerp aan bevoegdheids-assesering.
· Korrespondensie sal slegs met persone op die kortlys gevoer word. Indien u binne 14 dae na die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asseblief aan dat u aansoek onsuksesvol was. Aansoeke ontvang na sluitingsdatum sal NIE oorweeg of aanvaar word nie.

Kakamas Watergebruikersvereniging behou ook die reg voor om geen aanstellings te maak nie.