Finansiële Bestuurder - Kuruman Verfied

Salary Negotiable Kuruman, Northern Cape Kuruman, Northern Cape more than 14 days ago 09-01-2019 10:26:20 AM
07-02-2019 10:23:53 AM
Hierdie gevestigde rolspeler in die vervoerindustrie met verskeie takke oor Suid-Afrika, beskik oor die volgende uitdagende posisie as deel van hul bestuurspan vir ‘n kandidaat met bogemiddelde syfervaardighede en bewese bestuursondervinding:

FINANSIëLE BESTUURDER
KURUMAN

Vereistes:
- Aansoeke van goed-georganiseerde, presiese individue met sterk rekeningkundige vaardighede met ? B Com of gelykwaardige finansiële kwalifikasie, ondersteun deur minstens 5 jaar toepaslike ondervinding in ? soortgelyke omgewing word ingewag.
- Ondervinding in ‘n logistieke omgewing sal dit tot ‘n kandidaat se voordeel wees.
- Goeie menseverhoudinge, kommunikasievaardighede
- Bo-gemiddelde vermoë om onafhanklik te funksioneer
- Goeie rekenaarvaardigheid in Pastel en MS Office

Die suksesvolle persoon sal ondermeer verantwoordelik wees:
- Voorbereiding en interpretasie van die finansiële state en verslae
- Instandhouding en verbetering van finansiële stelsels
- Opstel en bestuur van jaarlikse begrotings
- Batebestuur
- Debiteure-kontrole
- Krediteure-betalings
- Statutêre rekonsiliasie
- Opstel van finansiële- en bestuurstate
- Doen van oudits op verskillende takke asook bestuur van personeel.

Daar word ? mededingende vergoedingspakket aangebied gekoppel aan kwalifikasie en ondervinding.