FINANSIëLE REKENMEESTER (MCPF) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 13-09-2017 7:27:56 AM
09-10-2017 12:10:11 PM
Hierdie gevestigde maatskappy met uitgebreide sakebelange in die landbousektor in Suid-Afrika en Namibië, beskik oor die volgende uitdagende pos te Kakamas:

FINANSIëLE REKENMEESTER
KAKAMAS

Vereistes:
- Aansoeke van dinamiese, analitiese, presiese individue met ‘n B.Com Rek / B.Compt of gelykwaardige tersiêre kwalifikasies en voltooide klerkskap ondersteun deur minimum
5 jaar ondervinding word ingewag.
- Kandidate met agtergrond / ondervinding in die landbou industrie sal voorkeur geniet.
- Kennis en ondervinding van Wet op maatskappye, IFRS regulasies, belasting
- Rekenaarvaardigheid in gevorderde Excel en Pastel

Pligte gaan ondermeer insluit;
- Die opstel van maand asook jaarlikse finansiële rekords en verslae,
- Inisieer kostebesparingstrategië
- BTW opgawes
- Kontantvloeibestuur
- Maandelikse vooruitskattings en jaarlikse begroting
- Volledige rekeningkundige funksie tot opstel van die finansiële state
- Interne kontrole oor finansiële funksies en personeel
- Kapitaal begrotings ten opsigte van nuwe ontwikkelinge asook finansiële implikasies van besigheidsaktiwiteite, en prosessering van bestuursrekenkundige funksies.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied, direk gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding.