GEHALTEBESTUUR OUDIT KONSULTANT (MJG) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 16-05-2017 10:00:50 AM
13-06-2017 10:00:50 AM
Ons spesialiseer sedert 1997 in onder meer werwing, keuring en plasing van personeel, organisasie-ontwikkeling, loon-administrasie, tydelike arbeidsdiensverskaffing, vaardigheidsontwikkeling en arbeidsverhoudinge. Ons beskik oor ‘n loopbaangeleentheid as gevolg van verdere uitbreidings en nooi self-gemotiveerde kandidate met sterk dryf, gefokus op presisie uit om aansoek te doen:

GEHALTEBESTUUR OUDIT KONSULTANT
BENEDE ORANJERIVIER GEBIED

Vereistes:- Kandidate met ‘n toepaslike tersiêre kwalifikasie, ondersteun deur ten minste 3-5 jaar ondervinding in verskeie gehaltebestuurstelsels in die landbou-omgewing - Onder druk en onafhanklik kan werk - Bo-gemiddelde menseverhoudinge en uitstekende kommunikasie- en organiseringsvaardighede- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office- Geldige rybewys en eie vervoer.

Pligte gaan onder meer insluit: - Bemarking van dienste aan omliggende kliënte - Konsultasie met relevante partye rakende voorbereiding van en verbeterings aan gehaltebestuurstelsels - Voorbereiding van oudit-lêers - Doen van pre-oudits sowel as ander algemene administrasie soos van pos vereis.