HANDELAARSHOOF - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 31-10-2017 9:19:05 AM
23-11-2017 8:24:25 AM
Hierdie uiters suksesvolle handelaar in Upington, wat deel vorm van n groot groep filiale beskik oor die volgende geleentheid vir dinamiese kandidate met genoegsame ondervinding om handelaar onafhanklik te kan bestuur.

HANDELAARSHOOF
UPINGTON

Vereistes:
- Matriek ondersteun deur ten minste 5 jaar bestuursondervinding asook uitgebreide kennis van die verskillende vertakkings binne die motorhandel.
- Finansiële agtergrond sal aansoek versterk
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kliënte insig
- Goeie kommunikasievaardighede

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
- Die winsgewende bestuur van die handelaarskap wat nuwe voertuie, onderdele en die werkswinkel insluit
- Begrotingsbeheer
- Die uitbreiding van die Nissan handelsmerk se markaandeel
- Volhoubare verhoging van die handelaarskap se CSI
- Koördinering en motivering van personeel
- Nakoming van vasgestelde vervaardigersvereistes