Handelsmerkbestuurder - Franschhoek Verfied

Salary Negotiable Franschhoek, Western Cape Franschhoek, Western Cape more than 14 days ago 11-05-2016 12:11:27 PM
03-06-2016 8:11:04 AM
La Motte Landgoed in die Franschhoekvallei verlang ’n toegewyde, vindingryke persoon met ’n positiewe lewensuitkyk om die beeld van La Motte as
premium handelsmerk te bevorder en uit te bou

Handelsmerkbestuurder

Die suksesvolle kandidaat sal vir die volgende sleutelprestasie-areas verantwoordelik wees: • doeltreffende implementering en monitering van die bemarking- en verkoopstrategie • doeltreffende skakeling met nasionale en internasionale agente en verkoopverteenwoordigers • produk- en verpakkingsontwikkeling • koördinering van verbruikers- en handelspromosies • begrotingsbeheer • verkoop- en bemarkingsadministrasie • interpretasie en benutting van marknavorsingsresultate • identifisering van handelsmerkgeleenthede • die uitdra van ’n kultuur van uitnemendheid in sakeverhoudings en kommunikasie.

Aansoeke word ingewag van kandidate wat aan die volgende voldoen: • ’n Naskoolse kwalifikasie in ’n handels- of bemarkingsrigting • minstens drie jaar ervaring van ’n soortgelyke posisie in die wynbedryf • ’n natuurlike aanvoeling vir bemarkingsbeginsels t.o.v. ’n produk wat met uitnemendheid geassosieer word • uitmuntende kommunikasievaardighede • die vermoë om uiteenlopende take in ooreenstemming met streng spertye te hanteer • syferkundige aanleg • deeglikheid, ’n georganiseerde werkswyse en aandag aan detail • ’n kreatiewe aanvoeling.

La Motte bied ’n mededingende salaris in ooreenstemming met die graad van voldoening aan die bostaande vereistes en pligte.