HOOF UITVOERENDE BEAMPTE (MKWG) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 05-12-2017 9:51:19 AM
30-01-2018 9:51:19 AM
Hierdie verspreider van rouwater deur middel van ? uitgebreide kanaalstelsel in die Benede Oranjerivier Besproeiingsgebied, beskik oor die volgende uitdagende pos vir ? dinamiese, energieke en selfgedrewe individu met sterk leierskapsvaardighede, as:

HOOF- UITVOERENDE BEAMPTE
BENEDE ORANJERIVIER GEBIED

Vereistes:
- Toepaslike of gelykwaardige tersiêre kwalifikasie (BIng Siviel, BTech Siviel of NDip Siviel) ondersteun deur minimum vyf jaar ondervinding in die bedryf, konstruksie en bestuur van kanaal watervoorsieningskema
- Geldige rybewys
- Uitstekende bewese mensebestuursvaardighede
- Hoogs-effektiewe gesproke en geskrewe kommunikasievaardighede
- Vlotheid in Afrikaans en Engels
- Bo-gemiddelde rekenaargeletterdheid in MS Office
- Deeglike kennis van toepaslike wetgewing, waaronder die Nasionale Waterwet, Waterdienstewet, Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet op Arbeidsverhoudinge en die
Wet op Gelyke Indiensneming, is noodsaaklik.
- Aansoekers met ? kombinasie van ? toepaslike tegniese en bestuurskwalifikasie sal voorkeur geniet.

Sleutelverantwoordelikhede behels:
- Die doelmatige oorhoofse bestuur van die watergebruikersvereniging deur uitvoering te gee aan alle toepaslike wetsvoorskrifte asook die grondwet en besigheidsplan van die
watergebruikersvereniging
- Bestuur van watervoorsiening en -verspreiding
- Bestuur van fisiese en finansiële hulpbronne
- Menslike hulpbronbestuur
- Bevordering van verhoudings met alle belanghebbendes.

In ruil word ? totale vergoedingspakket ooreenstemmend met die vergoedingsvlak van adjunk-direkteur in die openbare sektor aangebied.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2018

Kakamas Watergebruikersvereniging is ? gelyke geleenthede werkgewer.