HOOF VAN PLASE (verw. MMPH) - Vryburg Verfied

Salary Negotiable Vryburg, North-West Vryburg, North-West more than 14 days ago 29-03-2017 7:06:51 AM
26-04-2017 7:06:51 AM
Hierdie bekende plase in Noord-Wes asook Kalahari omgewings beskik oor die volgende vakante betrekkinge vir kandidate met goeie ondervinding in die bestuur van ‘n Bonsmara kudde.

HOOF VAN PLASE (verw. MMPH)

Vereistes:
- Uiters ervare kandidate met bewese bestuurservaring ondersteun deur ‘n tersiêre kwalifikasie en minimum 5 jaar ondervinding van die Bonsmara ras kan aansoek doen.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Kode 14 + PDP lisensie met ondervinding
- Deeglike kennis van pyplyn instandhouding en spilpunte
- Tegniese- / meganiese aanleg.

Pligte behels ondermeer:
- Oorhoofse bestuur van plase in samewerking met plaasbestuurders
- Handhawing van optimale produksie
- Effektiewe arbeidsbestuur, instandhouding, ontwikkeling en uitbou van die boerdery en kudde.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakkette met voordele wat insluit gratis behuising, werksvervoer, medies- en pensioenskema aan die poste gekoppel.