INLIGTING AND KOMMUNIKASIEKLERK - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 04-04-2019 1:52:41 PM
09-05-2019 7:25:49 AM
Ons wag op aansoeke van dinamiese, selfgedrewe persone met bo-gemiddelde kommunikasievaardighede om uitkoms gebasseerde oplossings vir kliente te inisieer to voordeel van die maatskappy.

INLIGTING & KOMMUNIKASIEKLERK (MRKL)
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet self gemotiveerd wees en oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik met bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office.
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie in of bemarking/ kommunikasie/ reklame met ten minste 5 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke omgewing.
- Sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggingsvaardighede vorm ook deel van die vereistes vir hierdie uitdagende posisie.
- Kennis / agtergrond van die landbou industrie sal tot u voordeel wees.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir:
- Ontwikkel & implementeer van inligting en kommunikasie strategieë
- Instandhouding van sosiale media
- Opdateer van databasis
- Identifiseer van goeie praktyke en tegnologie ter verbetering van maatskappy
- Ontwikkel & bestuur van nuwe rekeninge
- Identifiseer groei moontlikhede vir kliënte
- Bywoon van span & maatskappy vergaderinge asook seminare en opleiding.

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.

Rig u volledige CV met verwysing MRKL voor 12 April 2019