JUNIOR BEMARKER (MJB) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 17-02-2017 12:46:22 PM
17-03-2017 12:46:22 PM
Hierdie gevestigde instansie wat spesialiseer in die verkoop in skryfbehoeftes, kantoormeubels asook rekenaarparte en dienste beskik oor 'n geleentheid vir 'n dinamiese, energieke kandidaat met 'n passie vir verkope om aansoek te doen as

JUNIOR BEMARKER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes:
- Matriek ondersteun deur ten minste 3-5 jaar ondervinding in 'n soortgelyke omgewing.
- Indien oor 'n tersiêre kwalifikasie beskik sal dit in u guns tel
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet gebruik en eposse
- Kode 8 lisensie en eie vervoer
- Bereid wees om te reis

Daar gaan van die kandidaat verwag word om met eie vervoer te werk, waarvoor hy 'n voertuigtoelaag sal ontvang.