Junior Farm Manager - Mischa Estate - Wellington Verfied

Salary Negotiable Wellington, Western Cape Wellington, Western Cape more than 14 days ago 02-05-2017 12:29:16 PM
30-05-2017 12:29:16 PM
JUNIOR PLAASBESTUURDER
(Wingerd/Kelder/Kwekery)

Mischa Wynlandgoed, geleë in Wellington benodig ’n tweetalige Junior Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en met ongeveer 2 tot 3 jaar ondervinding. ’n Na-skoolse landbou kwalifikasie sal verder in die aansoeker se guns tel, asook ’n geldige Kode 10 rybewys en bewese ervaring in MS Office.

Pligte behels onder andere wingerd aanplantings, bemesting, siekte- en plaagbeheer, snoeiprogramme, druiwe voorbereiding, onkruidbeheer, personeelbestuur, boerdery administrasie, algemene stokkies-kwekery werk, onderhoudsbestuur, algemene kelder werk en administrasie, pars koördinering, wynbereiding, sowel as alle ander take tipies verwant aan die pos.

In ruil vir jou bydrae bied Mischa Wynlandgoed ’n mededingende vergoedingspakket, met akkomodasie vir ‘n enkelpersoon aan.