JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER TAFELDRUIWE (MUMP) - Redelinghuys Verfied

Salary Negotiable Redelinghuys, Western Cape Redelinghuys, Western Cape more than 14 days ago 17-04-2018 9:21:57 AM
04-06-2018 9:20:18 AM
Hierdie gevestigde uitvoer plaas op Matroozefontein beskik oor ‘n beroepsgeleentheid vir ‘n dinamiese, energieke persoon met goeie verwysings om by hul suksesvolle span aan te sluit.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER; TAFELDRUIWE
REDELINGHUYS OMGEWING

Vereistes:
- Aansoeke word ingewag van kandidate met minimum van 3 jaar toepaslike tafeldruif ondervinding, om ondersteuning aan produksiebestuurder te bied
met bestuur van arbeid en alle produksie-aktiwiteite.
- Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede,
- Kennis van produksie, gehaltebestuurstelsels en verpakking van tafeldruiwe ondersteun deur die vermoë om ‘n stabiele arbeidsmag te bou en te beheer.

Pligte sal onder meer behels:
- Bestuur, opleiding en ontwikkeling van arbeid
- Beheer en kontrole oor produksie-aktiwiteite, voorbereiding en verpakking van tafeldruiwe met gemotiveerde arbeidsmag
- Ondersteuning met toediening van besproeiing
- Bemesting en bespuitings op tafeldruiwe.

Persone in besit van toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voorkeur geniet.

Daar word ? markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied.