Junior Winemaker - Worcester Verfied

Salary Negotiable Worcester, Western Cape Worcester, Western Cape more than 14 days ago 04-09-2015 9:51:07 AM
29-09-2015 7:13:43 AM
McGregor Wines, geleë in die skilderagtige Robertson Wynvallei, beskik tans oor volgende betrekking:

Junior Winemaker


Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten
volle in Wingerdbou en Wynkunde gekwalifiseerd is. Een tot twee jaar toepaslike ondervinding sal in die aansoeker se guns tel, maar
is nie ’n posvereiste nie.

Die Junior Wynmaker rapporteer direk aan die Hoof-Wynmaker en is verantwoordelik vir: • die koördinering van parsaktiwiteite
• nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteitkontrolestelsels • die wynmaakproses as deel van die
wynmaakspan • voorraad en kelderhigiëne • kelderadministrasie • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van
wynproeë en -promosies • alle ander take wat met die pos verband hou.

In ruil vir u bydrae bied McGregor Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.