Krediteure/Administratiewe Beampte - Durbanville Verfied

Salary Negotiable Durbanville, Western Cape Durbanville, Western Cape more than 14 days ago 16-02-2018 12:37:38 PM
13-03-2018 9:26:29 AM
Diemersdal, die welbekende Wynlandgoed in die Durbanville Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking:

Krediteure/Administratiewe Beampte

Hierdie is 'n goeie loopbaangeleentheid vir gevestigde en volwasse persoon wat ingestel is op fyn besonderhede, eienaarskap neem oor sy/haar werk en oor sterk interpersoonlike vaardighede beskik. ’n Naskoolse finansiële kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel terwyl ervaring in ’n soortgelyke posisie ’n vereiste is. ’n Verdere vereiste is deeglike ervaring in Pastel Partner, Pastel Point-of-Sale, asook WineMS.

Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir lone en pensioen werk van plaas- en kelder werkers * bestuur van ‘point-of-sale’ sisteem * teboekstelling en rekonsiliasie van krediteure * rekonsiliëring van kontant transaksies * algemene kantoorbestuur en administratiewe take * alle ander verwante funksies tot die posisie.

In ruil vir u diens bied Diemersdal ’n mededingende vergoedingspakket aan.