KREDITEURE KLERK (MMVK) - Kuruman Verfied

Salary Negotiable Kuruman, Northern Cape Kuruman, Northern Cape more than 14 days ago 31-01-2017 10:13:55 AM
28-02-2017 10:13:55 AM
Ons kliënt ‘n wel bekende groot en kleinhandelswinkel in Vryburg wat spesialiseer in verkope van motor parte en onderdele,motor benodighede, elektriese en hand gereedskap, verwe, generators, gas, kamptoerusting, tuingereedskap en nog vele meer beskik oor ‘n geleentheid vir ‘n dinamiese kandidaat met bo-gemiddelde syfervaardighede en vermoë om akkuraat onder druk te funksioneer as:

KREDITEURE KLERK
VRYBURG

Vereistes:
- Die suksesvolle kandidaat moet oor ten minste 3-5 jaar ondervinding beskik verkieslik in ‘n soortgelyke omgewing
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal as aanbeveling dien.
- Deeglikheid, uitstekende interpersoonlike-, en organiseringsvaardighede
- Bo-gemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Office
- Vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Verantwoordelikhede behels primêr die:
- Volle oorhoofse bestuur van die krediteure afdeling wat insluit alle pos van verskaffers fakture, nagaan en rekonsilieer van maandstaat, opstel van betalingslys asook ad hoc
krediteure administrasie.

In ruil word ‘n baie mededingende vergoedingspakket, gekoppel aan kwalifikasies en ondervinding, aangebied.