Krediteureklerk - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 26-09-2018 10:48:53 AM
21-11-2018 10:48:53 AM
Paarl

? Gevestigde boerdery (eierprodusent) geleë net buite die Paarl, beskik tans oor bogenoemde posisie.

Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik vir krediteure-administrasie verant¬woordelik wees wat die volgende insluit:
- teboekstelling van alle krediteure
- maandelikse krediteure analises
- opvolg van uitstaande bestellings, fakture en kredietnotas
- rekonsiliëring van krediteure state
- prosessering van dokumentasie op Evolution
- krediteure ontledings en –navrae
- algemene bestellings
- ondersteuning m.b.t. ander administratiewe take binne
- spanverband.

Die ideale kandidaat beskik oor:
- Gr. 12 met Rekeningkunde of toepaslike tersiêre kwalifikasie
- uitstekende syfervaardighede
- vermoë om onafhanklik te werk
- rekenaarvaardigheid (MS Office – veral Excel)
- kennis van algemene rekeningkundige beginsels en prosesse goeie interpersoonlike vaardighede en vermoë om in spanverband te werk
- ervaring met verwante pakkette soos Evolution sal in aansoekers se guns tel.