KWALITEITSBESTUURDER (MQCF) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 24-04-2017 9:35:41 AM
22-05-2017 9:35:41 AM
Hierdie internasionale verskaffer van kwaliteit rosyne produkte gesetel in die Kanoneiland omgewing beskik oor die volgende uitdagende beroepsgeleentheid in hul fabriek vir ‘n dinamiese, energieke persoon as:

KWALITEITSBESTUURDER
KANONEILAND OMGEWING

Vereistes:
- Kandidate met voltooide studies in die voedselwetenskap- / tegnologie rigting of gelykwaardige kwalifikasie of deeglike uitgebreide praktiese ondervinding van minstens 5 jaar
in kwaliteitsbestuur in 'n soortgelyke bedryf
- Bo-gemiddelde kennis van HACCP / BRC / GLOBALGAP gehaltebestuur-stelsels
- Goeie rekenaarvaardigheid in MS Office
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Oor 'n sterk persoonlikheid beskik
-Stelselgerig wees
-‘n Spanspeler wees
-Onafhanklik kan funksioneer

Pligte gaan onder meer insluit:
- Bestuur en instandhouding van kwaliteit-en voedselveiligheidstelsels en standaarde
- Kwaliteitsbeheer en naspeurbaarheid op alle produkte
- Implementering van organiese- en supermark oudits

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aan die pos gekoppel.

Alle aansoeke sal streng vertroulik hanteer word.