KWEKERYBESTUURDER - Kimberley Verfied

Salary Negotiable Kimberley, Northern Cape Kimberley, Northern Cape more than 14 days ago 22-08-2017 7:16:59 AM
24-08-2017 8:57:15 AM
Hierdie boerdery bedryf ’n suksesvolle pekanboom kwekery in die Vaalharts area in die Noord-Kaap. Die hoofdoel van die kwekery is die volhoubare uitset van hoë kwaliteit pekanbome, vir die verkoop aan kommersiële pekanneut boere.

KWEKERYBESTUURDER- PEKANNEUT
VAALHARTS AREA, NOORD- KAAP

Vereistes:
- Die ideale kandidaat sal kwekery en pekanboom kennis hê, ervaring met grond- en blaar analises en interpretering, kennis van peste, plae, spuitstowwe en spuittegnieke,
ervaring met besproeiing.
- ’n Landbou -of wetenskaplike kwalifikasie sal voorkeur geniet.
- Instandhouding van besproeiingstoerusting, en kennis en ervaring in verskillende ent tegnieke.
- Met gesag en respek sonder ras-voorkeur kan lei en bestuur; goeie verhoudings met werkers, kollegas, kliënte en verskaffers kan bou en in stand hou, goed kan kommunikeer,
werkers kan motiveer, en bestaande prosedures noukeurig uitvoer.
- Aandag aan detail is uiters belangrik.
- Kommunikasie vaardighede (mondeling en skriftelik) in Afrikaans en Engels is ’n vereiste, terwyl kennis van Tswana as aanbeveling sal dien.
- Geldige bestuurslisensie hê (verkieslik ook vir swaarvoertuie)
- Rekenaarvaardig wees (veral Microsoft Excel).

Pligte gaan ondermeer insluit:
- Kwekery volgens streng gedefinieerde standaarde en prosedures te bestuur
- Arbeid effektief aan te wend en te bestuur
- Kostes te beplan en te beheer
- Waarnemings en rekords te hou
- Verskaffers en kliënte te skakel
- Verslag te lewer, en om uiteindelik maksimum uitset van hoë kwaliteit bome te verseker.