LANDBOUKUNDIGE STREEKSBESTUURDER - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 06-02-2017 2:03:36 PM
06-03-2017 2:03:36 PM
Hierdie droë vrugte tegniese diens wag op aansoeke van dinamiese, selfgedrewe, sterk analitiese persone om die senior pos te vul as:

LANDBOUKUNDIGE STREEKSBESTUURDER
BENEDE ORANJERIVIER GEBIED

Vereistes:
- 'n Toepaslike B-Graad of gelykwaardige kwalifikasie, met sterk landbou / rosyne agtergrond en kennis
- Sterk organiserings-, administratiewe- en voorleggings vaardighede
- Goeie kennis van die gebied en betrokkenheid in die boerdery gemeenskap.
- Gewilligheid om te reis
- Vermoë om onafhanklik onder druk te kan opereer.
- Bo-gemiddelde kommunikasie- en rekenaarvaardighede in MS Office.

Die suksesvolle kandidaat sal onder meer verantwoordelik wees vir die volgende sleutel prestasie areas:
- Koördinering en beoordeling van proewe en proefblokke / optrek en versprei van verslae en aanbevelings rakende bevindings
- Skakeling / samewerking met bedryfsverwante liggame op plaaslike en internasionale vlak
- Inligtingsverspreiding rakende nuutste bedryfs-standaarde en tendense en gebruik van nuwe produksiepraktyke en aanwending van nuwe tegnologie
- Bou en ontwikkel van goeie samewerking en oop kommunikasie met strategiese vennote en produsente
- Bepaling van opleidings-, befondsings- en produsente behoeftes
- Optrek en bestuur van begroting en finansiële verslagdoening

Daar word ‘n markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aan pos gekoppel.