LASER MACHINE OPERATOR - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 28-03-2019 2:30:35 PM
23-05-2019 2:30:35 PM
Qualipak (Pty) Ltd vervaardig toerusting vir die voedsel-, koeldrank en wynbedryf. Bogenoemde pos is tans beskikbaar vir 'n dinamiese persoon wat verantwoordelikheid sal neem daarvoor om plate te sny met behulp van 'n lasermasjien.

Verantwoordelikhede behels:

• Laai en aflaai van materiaal
• Bedryf van die lasermasjien
• Onderhoud van die lasermasjien
• Deurlopende kwaliteitsbeheer
• Produksiebeplanning van die lasermasjien

Die ideale kandidaat voldoen aan die volgende vereistes:

• Twee jaar ervaring in ‘n verwante rol
• Tegniese ervaring en/of aanleg
• Kennis van laserveiligheidspraktyke
• Goeie kommunikasievermoë en menseverhoudinge
• Aandag aan detail
• Moet spertye kan nakom en onder druk kan werk
• Positiewe waardesisteem
• Vurkhyser lisensie sal as aanbeveling dien
• Bereidwilligheid om oortyd te werk soos operasioneel vereis word

Om aansoek te doen, stuur asb. u CV per e-pos voor Vrydag, 12 April 2019.