Leerder-Landboumiddel Agent - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 07-12-2017 8:49:54 AM
10-01-2018 12:07:20 PM
NexusAG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesoplossingsdienste aan hul kliënte in Suidelike Afrika bied en het agentskappe in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.

LEERDER-LANDBOUMIDDELAGENT

’n Ideale geleentheid bestaan vir ’n verkoopsgedrewe persoon wat as leerder-landboumiddel-agent sal optree. Die geskikte kandidaat beskik oor: • ’n toepaslike kwalifikasie (B.Agric/Diploma in Landbou) • uitstekende kommunikasievermoëns (in beide Afrikaans en Engels) • bogemiddelde leiereienskappe en bemarkingsvaardighede • uitstekende interpersoonlike vaardighede • die vermoë om ’n kliëntebasis op te bou en te onderhou • bereidwilligheid om te reis • Ondervinding ten opsigte van presisie-boerderydienste sal in die kandidaat se guns tel.

Die leerderskap bied aan die ideale kandidaat die geleentheid om blootstelling binne NexusAG-agentskappe te kry, in die volgende areas: • tegniese konsultering op plaasvlak • bemarking en verkope • marknavorsing • verkoopsvooruitskattings • die daarstelling van ’n bemarkingstrategie en bemarkingsbeplanning • verslagdoening • die bestuur van ’n depot en depotpersoneel.