Logistieke Stoorbestuurder Pakmateriaal - Paarl Verfied

Salary Negotiable Paarl, Western Cape Paarl, Western Cape more than 14 days ago 31-07-2014 11:51:13 AM
19-08-2014 11:23:36 AM
Prisma Packaging, met sy aanleg geleë in die Paarl, beskik tans oor ’n uitdagende
loopbaan geleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met die
vermoë om akkuraat onder druk te kan werk. Rekenaarvaardigheid en 5 jaar toepaslike
ondervinding van logistieke/stoorbestuur is vereistes vir die pos terwyl ’n toepaslike naskoolse
kwalifi kasie en ondervinding van vrugtepakmateriaal gunstig oorweeg sal word.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die doeltreffende algemene
bestuur van die stoor asook: • ontvangs/inname van produkte en voorraad • kontrole
en koördinering van voorraad • versending van voorraad • bestuur van volle logistieke
funksies • skakeling met verskaffers en kliënte • personeelbestuur • voertuigadministrasie
en koördinering van instand houding • alle administratiewe funksies verwant aan die pos.

In ruil vir u bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang
is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was