LONE/REKENINGKUNDIGE/ADMINKLERK(MRL) - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 30-07-2019 10:24:01 AM
24-09-2019 10:24:01 AM
Hierdie gevestigde rolspeler in die uitvoer-tafeldruif bedryf beskik oor die volgende uitdagende beroepsgeleentheid vir ‘n hardwerkende, goed georganiseerde persoon, as:

LONE-/ REKENINGKUNDIGE-/ ADMINKLERK
ONSEEPKANS

Vereistes:
- Ons wag op aansoeke van dinamiese, energieke individue met bo gemiddelde syfer- en rekenaarvaardigheid in, MS Office en Donkerhoek Data.
- Minimum 3-5 jaar ondervinding in die hantering van lone en personeeladministrasie
- Debiteure en krediteure, asook algemene administrasie, verkieslik in 'n landbou omgewing.
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede, asook die vermoë om as deel van 'n span te werk is belangrik.
- ‘n Tersiêre kwalifikasie en kennis van Xero finansiële program sal as verdere aanbevelings dien.

Pligte sal ondermeer behels:
- Hantering van lone, personeeladministrasie, basiese boekhouding, datavaslegging van blok rekords en produksierekords, kwotasies, bestellings asook algemene administrasie.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket met voordele aan die pos gekoppel, eie aan die bedryf, volgens kwalifikasies en ondervinding.

Om aansoek te doen, stuur CV met verwysing MRL voor 9 Augustus 2019