Maatskappy Sekretaresse - Franschhoek Verfied

Salary Negotiable Franschhoek, Western Cape Franschhoek, Western Cape more than 14 days ago 24-10-2014 11:54:59 AM
12-11-2014 6:10:44 AM
Maatskappy-Sekretaresse

Ons kliënt, met hulle kantore in die Paarl en fasiliteite in Franschhoek, beskik tans oor hierdie betrekking vir ’n persoon wat ten volle tweetalig is, goeie menseverhoudinge kan handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is en ook georganiseerd, onder druk en baie noukeurig kan werk.

Die suksesvolle kandidaat moet verder ’n hoë vlak van vertroulikheid kan handhaaf en oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en ondervinding in ’n soortgelyke betrekking beskik. Deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes vir die pos. Die hoofdoel van die pos is die formulering en koördinering van alle persoonlike, sekretariële en administratiewe take wat die volgende insluit: • byhou van dagboeke • reël van afsprake • reël van vergaderings en afneem van notules • uitstuur van kennisgewings vir vergaderings • opstel van agendas • hantering van vergaderingslokaal-besprekings • bywoning van vergaderings en afneem van notules • verspreiding van notules en kennisgewings • reël van
oorsese en plaaslike reise • algemene tikwerk • navorsing ten opsigte van verlangde inligting • hantering van besprekings en registrasies van werksverwante geleenthede • alle ander administratiewe en sekretariële take verwant aan hierdie pos.

In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.

Diensaanvaarding: Januarie 2015

Indien jy geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was