Ontvangspersoon & Administratiewe Beampte Verfied

Salary Negotiable Not Specified more than 14 days ago 19-10-2017 4:01:15 PM
26-10-2017 4:01:15 PM

Unieke geleenthede beskikbaar om betrokke te raak by ‘n NG Kerk gemeente in die Noordelike Voorstede.

 

Die Lidmaatskap & Administrasie beampte is verantwoordelik vir die insameling en opdatering van alle lidmaatinligting, hantering van die registrasies vir doop en belydenisaflegging asook die bywerk van nuwe lidmate se inligting. Die persoon is ook verantwoordelik vir die kommunikasievloei tussen leraars, omgeegroepleiers en aksies, asook met lidmate rakende lidmaataangeleenthede. 

 

Die Ontvangspersoon is verantwoordelik vir die hantering van alle oproepe via die skakelbord en die ontvangs en verwelkoming van besoekers, asook administratiewe ondersteuning aan gemeente-aksies, kantoorpersoneel en bedieningspan. Die kerk se ontvangsarea staan sentraal tot die kerk se aansien en werking en dit is die kontakpunt met die gemeente en die buite-wêreld. As gesig van kerk, is die posbekleër verantwoordelik om die kerk se positiewe beeld te bevorder deur die gemeente se visie en waardes prakties te vergestalt.

 

Minimum ervaring en vaardighede:

  • Administratiewe ondervinding
  • Bewese rekenaarvaardighede in MS Office pakkette, veral Excel
  • Tikspoed van minstens 50 woorde per minuut
  • Ondervinding in Winkerk sal as aanbeveling dien
  • Goeie kommunikasie, taal en interpersoonlike vaardighede
  • Sterk beplannings-, en prioritiseringsvaardighede
  • Moet oor die vermoë beskik om onder druk te werk

 

Persoonsvereistes:

  • Kliënt-en diensingesteldheid is van kardinale belang
  • Spanspeler
  • Detail-geörienteerd met fokus op betroubaarheid van inligting
  • Konsensieus en betroubaar
  • Professioneel, goed versorg en afgerond
  • Christelike waardes 

 

Indien jy belangstel in die posisies en aan bogemelde vereistes voldoen, doen gerus aansoek deur enige van die volgende opsies uit te voer:

  • die 'Apply' opsie te kies by die advertensie of
  • aanlyn aansoek te doen by  of
  • 'n volledige CV te e-pos na ****@*****.*** CPT000277/NP