Operational/Pack house Manager - Ceres Verfied Gold Badge

Salary Negotiable Ceres, Western Cape Ceres, Western Cape more than 14 days ago 12-06-2017 11:30:55 AM
30-06-2017 8:24:04 AM
‘n Wel gevestigde boerdery geleë in Augrabies, Noord-Kaap, beskik tans oor die bogenoemde vakature. Hierdie is ‘n uitmuntende loopbaangeleentheid vir ‘n senior, energieke persoon met bestuursvernuf wat goeie menseverhoudinge handhaaf, uitstekend kommunikeer, georganiseerd is en uitstekend onder druk kan funksioneer.

‘n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie en bewese ondervinding (5 - 10 jaar) van verpakkings- en administratiewe prosesse asook algemene bestuur is verdere vereistes vir die pos.

Die suksesvolle aansoeker sal aan die Senior Bestuurders rapporteer en verantwoordelik wees vir die funksionele en produktiewe afhandeling van produkverpakking, wat die volgende insluit:

• Beheer verpakkingsprogram in samewerking met eenheidsbestuurders en bemarkings departement
• Beheer en bestuur verpakkingsmateriaal, kratte en pallette in pakhuis en koelkamers
• Beheer, bestuur en instandhouding van pakhuis en koelkamer
• Instandhouding van pakhuis prosedures en stelsels (Marco sisteem)
• Handhaaf hoë standaarde mbt voedsel gesondheid- en veiligheids prosedures
• Implementeer en handhaaf nodige kwaliteits standaarde (BRC)
• Voldoen aan alle spesifikasies soos vereis deur beide plaaslike en internationale kliënte
• Hanteer onvoorspelbare voorvalle in die pakhuis gedurende pakseisoen
• Hantering van Vitrax, Solas, vraghouers, vragbriewe en relevante dokumentasie
• Alle Ad-hoc take wat verband hou met die pos.

Salaris: Markverwant. Behuising word verskaf.