Operations Manager - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 27-01-2015 12:50:53 PM
24-02-2015 12:50:53 PM
Onseepkans Omgewing
OPERASIONELE BESTUURDER

Ons wag op aansoeke van sterk, dinamiese, energieke individue met ‘n liefde vir tafeldruif boerdery.

Vereistes:
- Bewese bestuursondervinding in alle aspekte van tafeldruif verbouing
- Minstens 8- 10 jaar ondervinding, om oorhoofs volle verantwoordelikheid vir resultate van 'n gevestigde 100 Ha tafeldruiwe boerdery te neem.
- Bo-gemiddelde menseverhoudinge en kommunikasievaardighede
- Kennis van begrotingsbestuur, gehaltebestuurstelsels, ondersteun deur ‘n sterk tegniese kennis van alle produksiepraktyke
- Goeie rekenaarvaardigheid.

Pligte :
- Onafhanklike bestuur van volledige produksie eenheid,
- Produksiebestuurders en personeel met pakstoor in koördinering met werkgewer, wat insluit alle aspekte van arbeids-, tegniese- en gehaltebestuur.
- Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van 'n verdere 100Ha tafeldruif eenheid.

Daar word ‘n baie kompeterende vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf, aangebied.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

ALLE AANSOEKE SAL STRENG VERTROULIK HANTEER WORD