PASTEL DEBITEURE KLERK - Pretoria Verfied

R 20000 per month Pretoria, Gauteng Pretoria, Gauteng more than 14 days ago 14-08-2019 8:20:56 AM
27-08-2019 8:24:21 AM
PASTEL DEBITEURE KLERK

Aanstelling: Permanent
Ligging: Op ‘n plaas naby Walmansthal-afrit, Noord van Pretoria
Salaris: R15 000 – R20 000 per maand

NOODSAAKLIKE VEREISTES:
(Applikante wat nie aan hierdie noodsaaklike vereiestes voldoen nie, sal glad nie oorweeg word nie.)

1. Volledige kennis en werksondervinding van PASTEL – Gedurende die onderhoud word tegniese vrae deur die Finansiële Direkteur gevra om die kennis van Pastel te toets, indien jy nie ten volle vertroud is met Pastel nie, moet asseblief nie aansoek doen nie. Praktiese toetsing is ook ‘n moonlikheid.
2. Volledige kennis en werksondervinding van MICROSOFT EXCEL – Gedurende die onderhoud word tegniese vrae deur die Finansiële Direkteur gevra om die kennis van MICROSOFT EXCEL te toets, indien jy nie ten volle vertroud is met hierdie pakket nie, moet asseblief nie aansoek doen nie. Praktiese toetsing is ook ‘n moonlikheid.
3. Wiskunde HG of SG in Matriek (nie onderhandelbaar en glad nie Wiskunde geletterdheid nie) – stuur ‘n afsfkif van jou Matrieksertifikaat saam met jou CV. Praktiese toetsing van wiskundige aanleg en berekening van formules is ook ‘n moonlikheid.
4. Bestuurderslisensie en eie vervoer absoluut noodsaaklik) – stuur afskif van jou bestuurderslisiensie.
5. Eie Vervoer noodsaaklik, glad nie op ‘n bus- / publiekevervoerroete nie
6. Slegs aansoeke met ‘n stabiele werksrekord en goeie verwysings sal oorweeg word – CVs wat elke 2 na 3 jaar van werk verander word glad nie genooi vir onderhoude nie. Slegs CVs wat stabiliteit toon word oorweeg.
7. Aansoeke waar die applikant moet verhuis of ver afstand ry werk toe word glad nie oorweeg nie.
8. Stuur ‘n volledige MS Word formaat CV en afskif van jou Matrieksertifikaat en Bestuurderslisensie saam met aansoek.
9. Moet 100% Afrikaans lees, praat en skryf

Indien jy nie aan ALLE bogenoemde vereieste volgoen nie, moet asseblief nie aansoek doen nie.

PLIGTE:
Debiteure administrasie ondervinding met ‘n stabiele werksrekord.
Daaglikse en ad hoc debiteur fakturering
Debiteure rekonsiliasies
Maandelikse en ad hoc debiteur state
Debiteur veroudering
Debiteure-invordering en aanmanings
Daaglikse opdatering van debiteur verslagskedules
Voorbereiding van betaling groepe
Ad hoc-administrasie soos en wanneer nodig
Voorbereiding van kasboek inskrywings
Kasboek rekonsiliasies
Kleinkas rekonsiliasies en verwante inskrywings
Groepsmaatskappye: Rekeningkunde en versoening van groeps balansstate
Verskeie ad hoc rekeningkundige en administratiewe funksies soos en wanneer nodig