PASTEL PAYROLL ADMINISTRASIE DAME - Pretoria Verfied

R 18000 per month Pretoria, Gauteng Pretoria, Gauteng more than 14 days ago 14-08-2019 8:21:40 AM
27-08-2019 8:24:19 AM
PASTEL PAYROLL ADMINISTRASIE DAME

Aanstelling: Permanent
Ligging: Op ‘n plaas naby Walmansthal-afrit, Noord van Pretoria
Salaris: R15 000.00 – R18 000-00 per maand

NOODSAAKLIKE VEREISTE
Applikante wat nie aan hierdie noodsaaklike vereiestes voldoen nie, sal glad nie oorweeg word nie:

1. Volledige kennis en werksondervinding van PASTEL PAYROLL – Gedurende die onderhoud word tegniese vrae deur die Finansiële Direkteur gevra om die kennis van PASTEL PAYROLL te toets. Indien jy nie ten volle vertroud is met PASTEL PAYROLL nie, moet asseblief nie aansoek doen nie. Praktiese toetsing is ook ‘n moonlikheid.
2. Volledige kennis en werksondervinding van MICROSOFT EXCEL – Gedurende die onderhoud word tegniese vrae deur die Finansiële Direkteur gevra om die kennis van MICROSOFT EXCEL te toets, indien jy nie ten volle vertroud is met hierdie pakket nie, moet asseblief nie aansoek doen nie. Praktiese toetsing is ook ‘n moonlikheid.
3. Wiskunde HG of SG in Matriek (nie onderhandelbaar en glad nie Wiskunde geletterdheid nie) – stuur ‘n afsfkif van jou Matrieksertifikaat saam met jou CV. Praktiese toetsing van Wiskundige aanleg en berekening van formules is ook ‘n moonlikheid.
4. Bestuurderslisensie en eie vervoer absoluut noodsaaklik) – stuur afskif van jou bestuurderslisiensie.
5. Eie Vervoer noodsaaklik, glad nie op ‘n bus- / publiekevervoerroete nie.
6. Slegs aansoeke met ‘n stabiele werksrekord en goeie verwysings sal oorweeg word – CVs wat elke 2 na 3 jaar van werk verander word glad nie genooi vir onderhoude nie. Slegs CVs wat stabiliteit toon word oorweeg!
7. Aansoeke waar die applikant moet verhuis of ver afstand ry werk toe word glad nie oorweeg nie.
8. Stuur ‘n volledige MS Word formaat CV en afskif van jou Matrieksertifikaat en Bestuurderslisensie saam met aansoek.
9. Moet 100% Afrikaans lees, praat en skryf.

Indien jy nie aan ALLE bogenoemde vereieste volgoen nie, moet asseblief nie aansoek doen nie.

Pligte:
Plaas werknemers se rekords instand hou
Werkskontrakte instand hou en inligting opdateer soos nodig
Maandelikse Pastel Payroll hanteer
Skakeling met relevante gekontrakteurde diensverskaffers
Daaglikse ontleding van lone en voorbereiding van loon betalings
Voorbereidings van weeklikse en ad hoc lone
Voorbereiding van maandelikse salarisse en weeklikse / daaglikse lone.
Voorbereiding van relevante SARS en wetgewende opgawes, byvoorbeeld LBS, SDL, Werkloosheidsversekering, ens.
Opdatering van maandelikse verlof.
Moet onder druk kan funksioneer en gereeld opvolg met boere rakende betalings