People Capability leader - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 22-01-2015 9:10:55 AM
19-02-2015 9:10:55 AM
Upington

Bekende wegneem ete konsessie bied die geleentheid aan 'n dinamiese, energieke kandidaat om deel te vorm van hul span in die volgende posisie:

MENSLIKE HULPBRON BEAMPTE "PEOPLE CAPABILITY LEADER"

Vereistes:
- Matriek met 'n tersiêre kwalifikasie in menslike hulpbron en/of soortgelyk met ten minste 2-5 jaar ondervinding
- Ondervinding in vaardigheidsontwikkeling, wetlike prosedures, dissiplinêre kodes asook die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
- Geldige rybewys met eie vervoer
- Beskik oor bo-gemiddelde menseverhoudinge en taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
- Rekenaarvaardig wees in MS Office, Internet gebruik en eposse
- Bereid wees om takke in die Kathu, Hartswater en Springbok areas een keer n maand vir 3 dae te gaan besoek.

Daar word 'n mededingende pakket wat reistoelae insluit aan die suksesvolle kandidate aangebied.