Plaasbestuurder/Farm Manager - Robertson Verfied

Salary Negotiable Robertson, Western Cape Robertson, Western Cape more than 14 days ago 17-10-2017 7:31:54 AM
24-10-2017 7:15:57 AM
PLAASBESTUURDER
(Sagtevrugte en Wyndruiwe)

Ons kliënt, geleë buite Robertson, beskik tans oor die bogenoemde posisie vir ’n jong en energieke Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 5 tot 8 jaar ondervinding. Kennis van WIETA,BSCI/SMETA en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes sowel as ’n geldige Kode 10-rybewys en PDP is verdere vereistes vir die pos.

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie, insluitend die volgende: • wingerdaanplantings • bemesting • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • besproeiing • druiwevoorbereiding • onkruidbeheer • personeelbestuur • boerdery-administrasie • begrotingsbestuur • alle ander take met die pos verband hou.

In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.