PLAASBESTUURDER - JTB - Upington Verfied

Salary Negotiable Upington, Northern Cape Upington, Northern Cape more than 14 days ago 05-03-2019 10:07:48 AM
30-04-2019 10:07:48 AM
Ons kliënt, ‘n toonaangewende druiwe produsent van meer as 250 hektaar, geleë in die Upington-omgewing, beskik oor die volgende loopbaangeleentheid vir ‘n energieke persoon in die droogdruiwe afdeling van die besigheid:

PLAASBESTUURDER
UPINGTON OMGEWING

Vereistes;
- Aansoeke word ingewag van dinamiese, goed-georganiseerde, selfgedrewe persone
- Goeie menseverhoudinge en kommunikasievaardighede, ondersteun deur goeie bestuursvaardigheid
- Minstens 5 – 8 jaar praktiese bestuursondervinding in die vestiging en verbouing van wingerd.

Pligte behels:
- Koste-effektiewe bestuur van die plaas
- Arbeidsbestuur
- Gehaltebestuur
- Besproeiing
- Bemesting
- Byhou van produksierekords en nuwe ontwikkelings.

Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket ooreenkomstig ondervinding aan die pos gekoppel

Rig u aansoek en CV met verwysing JTB voor 15 Maart 2019